Ek was nogvriendin of twee te hê. 'n Estrogeenvriendin is soos 'n oase. Nadat jy tyd saam met haar deurgebring het voel jy verfris, hoopvol en ywerig om jou lewenswa deur die drif te trek.
My heel eerste estrogeenkameraad was my popspeelvriendin saam met wie ek 'n hele Saterdag deur op die vloer kon sit en die wel en weë van ons langbeenpoppe in hulle kartonmeubelhuise kon deurleef. Ons het ook fudgemaak sessies gehad wat meestal eksperimenteel opgeëindig het met 'n botteltjie groen of blou koekkleursel.
Dan was daar tydens my hoërskooljare 'n estrogeenvriendin saam met wie ek Saterdagoggende dorp toe gestap het (let wel dit was gedurende die veilige en sorgvrye tagtigerjare). Ons twee het al wat 'n klerewinkel is ingevaar vir 'n sonder-om-te-koop aanpassessie. Talle snaakse modegiere was deur ons twee gena-aap en het goeie lagsessies in die aantrekhokkie tot gevolg gehad. Daarna het ons 'n verskeidenheid klein sjokoladetjies by die OK bazaar gaan koop - die wat jy in 'n blikemmertjie gepak het om geweeg te word. Ons laaste stop was by die hoekkaffee waar ons twee prentjieverhaaltydskrifte gekoop het wat ons onder mekaar uitgeruil het.
Tydens my studentejare het ek estrogeenvriendinne gehad wat saam met my die avonture van die koshuislewe beleef het en my met hulle klein studentekarretjies aangery het. Dan was daar ook van die meer waaghalsiges saam met wie ek roomys op die sypaadjie langs die kafee gesit en eet het terwyl ons vir verbygangers gewaai het.
Nadat ek getroud is en begin werk het het ek die belangrikste estrogeenmaat van my lewe ontmoet. Met haar opregte blydskap in die Here en die vrug van die Gees wat duidelik sigbaar was in haar lewe, het my hunkeringsreis om 'n lewende verhouding met die Hemelse Vader te hê, begin.
Vyf jaar later het die babafase ingeskop en 'n ouer estrogeenvriendin wat ek by die kerk ontmoet het het my onder haar vlerk geneem en my met tuis-besig-wees en kinderopvoedingslesse toegerus. Die speelgoedtassie was in die middel van die sitkamervloer oopgemaak en my twee woelwaters het doodstil gesit en speel terwyl ek haar lewenslesse aangehoor het.
Met die aanbreek van die kleuterjare het ek 'n kunstige estrogeenvriendin gehad wat soggens kon opstaan met 'n ywer om die kinders se kamermure met 'n verfkwas op te tower. Daar was Knikkie wat ewe tevrede in sy rooi motortjie gesit het of vliegtuie en lugballonne wat in die lug rond gesweef het. Ons het gesorg dat ons kinders saam waterpokkies kry en hulle kon ure saam in die sandpit speel of na die volgende episode van Teletubbies kyk. Verjaarsdagtye was die hoogtepunt wanneer ons tuisgebakte koeke kon optower in iets wat ons kinders se verbeeldings kon aangryp.
Die besluit om ons kinders tuis te onderrig het ook talle mamma-juffrou estrogeenvriendinne my pad laat kruis. Saam kon ons skoolsake en probleemvakke in die "personeelkamvriendin gehad saam met wie ons heerlike kampnaweke as gesinne kon geniet. Tydens daardie jare het my eerste oor-die-muur-kuier estrogeenvriendskap met 'n liewe buurvroutjie ook ontwikkel.
Gedurende ons kinders se vriendinne bygekry: diegene saam met wie ek kon stap of draf, hulle saam met wie ek in die kerkkombuis eet- en drinkgoed voorberei het vir kindervakansieprogramme, en laastens die kerk koorsang- en boekklubvriendinne.
Ek het ook die voorreg gehad om 'n huishulp as estrogeenvriendin te kon hê. Die hoogtepunt van ons vriendskap was die koppie tee en soms stukkie koek wat ons 11uur soggens saam kon geniet.
Met die koms van die covid-19 pandemie het ek 'n whatsapp estrogeenvriendin ontmoet en het ek tot die besef gekom dat 'n mens ook 'n estrogeenoortapping saam met iemand wat ver van jou af woon kan hê!
Deesdae is ons nessie leeg en my geliefde en ek is nou soort van afgetree en ons geniet die rustiger lewe saam met ons honde langs die see. Ek is geseënd met weeklikse whatsapp-oproep vriendin, 'n geselsie oor-die-muur buurvrou en 'n naweek kuier-om-die-muur estrogeenvriendin.
Ek is dankbaar vir al my altyd-op-die-regte-tyd estrogeen vriendskapoortappingsdienste!
* Hierdie blog-artikel is opgedra aan my estrogeen buurvrouens, Fia en Bronwyn, asook my whattsapp estrogeenmater, Karen.
Comments
Post a Comment