Welkom



Welkom by Gogga se Blog!!


Hoekom die naam "gietersengoeters"?

Gieters maak nat en goeters is iets ...

Jy sal geen tuinmaakwenke in my Blog vind nie, tensy jy eerstehandse raad

benodig oor hoe om saailinge te laat vrek.

Goeters is beslis nie "cluttering" nie  - die trofee vir skoonmaak en weggooi staan

op my tafel!

Wat wil ek dan natlei?

Jou hart, jou denke en jou siel!

Wat is in my gieter?

My hart, my mense, my honne en my stories ...


En die goeters?  Wat is dan al die goeters?

Goeters is goeters -

Asems, gevoelens, dieptes, hoogtes, skuiltes, tuistes en God se Woord.


Ek is mens.

Ek is vrou, beminde en Moeder.

Ek is vriendin en vreemdeling.


Ek is trots en dankbaar.

Ek is kletserig en soms is my boek so geslote dat selfs ek dit nie eens oop kan kry nie.

Ek is dapper en bang.

Ek is nuuskierig en versigtig.


Skop uit jou skoene ...

En kom rus vir 'n wyle tussen Gogga se gieters en goeters.



 

Comments

  1. Sien baie uit na jou gieters en goeters!
    Groete
    Moryn

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie liewe Moryn. Ook vir jou aanmoediging en inspirasie. Jy speel 'n baie belangrike rol in hierdie nuwe uitdaging.

      Delete
    2. Antoinette, Gogga, ek hoor jou stem so duidelik soos wat ek elke woord hier lees. Dis wonderlik! Hou my asb. op hoogte van elke 'gieter en goeter' wat verskyn, dat ek dit kan lees terwyl die ink not nat is...
      Esther x

      Delete

Post a Comment